• 01Banner
  • Banner15
  • Banner16

   
 

Dienste aan inwoners behels die volgende:

Gariep Aftreeoord Gariep Aftreeoord


  • 24-uur Mediese bystand deur opgeleide verpleegpersoneel.
  • Tuis-verpleging deur opgeleide verpleegpersoneel.
  • Daaglikse ontbyt, middagete en aandetes sal aan inwoners beskibaar wees op die perseel met voltooiing van Fase II (gedurende 2013). Maaltye sal deur ‘n dieetkundige saamgestel word. ‘n Tussentydse reëling is ook getref met die plaaslike toerismekantoor asook die De Stijl Gariep Hotel vir etes indien inwoners intussen daarvan gebruik sou wou maak.
  • Skoonmaakdienste deur opgeleide en beheerde bediendes op ‘soos benodig’ basis sal aan inwoners beskikbaar wees. Die inwoner sal slegs betaal vir die tyd wat die skoonmakers gebruik is.
  • Volledige tuindienste word voorsien.
  • Wasgoeddienste sal aan inwoners deur die hospitaal voorsien word.
  • ‘n Snoepie vir basiese benodigdhede sal vir die gerief van die inwoners beskikbaar wees.
  • Fasiliteite vir funksies, verdagerings, aktiewiteite, ens word ook voorsien.
  • ‘n ‘Oord-bussie’ vir gebruik deur inwoners sal beskikbaar wees na voltooiing van Fase III.
  • Die ge-sentraliseerde administrasie kantoor is vir die gerief van inwoners. Die adminstratiewe personeel sal op aanvraag van inwoners alle maandelikse verantwoordelikhede hanteer en eenmalig aan die inwoner ‘n rekening stuur.

Maandelikse Heffings Betaalbaar:
  • Die heffings sal jaarliks hersien word deur die bestuur en die beheerliggaam na gelang van toepaslike kostes m.b.t. die bedryf van die oord soos deur die inwoners bepaal.

Die Maandelikse Heffings behels tans die volgengde:

  • ‘n Gesondheidsentrum heffing (die finale bedrag van die heffing sal bepaal word met voltooiing van Fase II. Die heffing sal voorsiening maak vir die volgende dienste:
    - 24-uur verpleegkundiges aan diens. (Binnekort beskikbaar)
    - 24-uur bemanning van nood-alarmstelsel. (Reeds beskikbaar in Fase I)
    - Ontvangs en Administratiewe personeel. (Reeds beskikbaar in Fase I)
    - Gratis kliniekbesoeke vir primêre gesondheidsorg deur geneesheer/verpleegster (bloeddruk, verbande ruil, ens.). (Reeds beskikbaar in Fase I)
    - Onderhoud van basiese mediese toerusting vir gebruik deur inwoners.
    - Monitering van inwoners se gesondheid. (Reeds beskikbaar in Fase I)
    - Voorkeur toegang tot gesondheidsentrum wanneer voltooi.
    - Gebruik van gemeenskaplike areas van sentrum wanneer voltooi.
    - Onderhoud van gemeenskaplike areas van sentrum en geboue.

  • Aftreeoord Onderhoudsfonds Heffing (hierdie heffing maak voorsiening vir die volgende dienste):
    - Onderhoud en instandhouding van gemeenskaplike areas van die kompleks bv. sypaadjies, toegangspaaie,  ens.
    - Onderhoud van tuine en grasperke.
    - Verwydering van vullis.
    - Diens en onderhoud van  nood-alarms.
    - Betaling van gemeenskaplike water- en elektrisiteitrekenings.
    - Betaling van erfbelasting, riool en vullisverwydering.
    - Onderhoud van straatligte, sekuriteitsheining en ingangshek.
    - Algemene instandhouding van geboue.
    - Salarisse en lone van personeel.

 

 



Gariep Lifestyle Village Logo