Die Karoo-lewenstyl

Gariep Aftreeoord is die ideale plek waar u behoeftes aangespreek word. Die Oord bied ‘n lewensstyl van volkome gemoedsrus vir u en u familie. Wat meer kan u vra?

Met die natuurskoon wat die grootste dam in Suid Afrika omring is daar baie om te doen en plekke om te besoek.

Akkommodasie in die kompleks

Die eenhede in die kompleks word op ‘n lewensreg of deeltitel basis verkoop. Twee slaapkamer eenhede met of sonder motorhuise, asook bystands woonstelle is beskikbaar. Die bystands woonstelle, wat hoofsaaklik verswakte bejaardes huisves, kan ook per maand gehuur word. Die woonstelle is onder die direkte toesig en beheer van die versorgingseenheid.

Sekuriteit en Gemoedsrus

Die eenhede en woonstelle het almal ‘n interkomstelsel en word voorsien met twee afstandbeheerde paniek kontroles gekoppel aan 24 uur bystand.



 



Gariep Lifestyle Village Logo